Friday, March 23, 2007

Foto's











Hallo almal!

Joel is nie hier nie en ek vat die kans om 'n slag die blog in Afrikaans te skryf. Hier by ons is die lente definitief in die lug. Ek was hierdie week onder in Portland en daar blom die daffodille al en is die bome vol bloeisels. Hier in Idaho sal ons nog bietjie moet wag vir die daffodille en bloeisels, maar ons is oppad...

Ek laai 'n paar foto's wat ek vanmiddag van die honde geneem het. Nika is al yslik groot en sy en Roxy speel te heerlik - tot my en Joel se verligting, want voorheen moes ons vir Roxy "entertain". Die 2 honde hou van kattekwaad, het in een dag 2X my bolle uitgegrawe! Het my gedwing om 'n ander plan te maak...

Nie te veel ander nuus nie...

Groete
Hannalize