Sunday, June 17, 2007

Uiteidelik...



















Hallo almal!
Dis weer 'n slag tyd vir 'n Afrikaanse blog...

Hier gaan dit goed. Ons somer is veronderstel om al amper hier te wees, maar vandag is 'n lekker nat en koue dag. Dis 11C, maar dit klink darem of dit hierdie week lekker warm gaan wees.

Ons was so 'n ruk terug by 'n Country konsert in Spokane. Het vir Brad Paisley, Taylor Swift, Kelli Pickler en Jack Ingram gesien. Ons het natuurlik ons kamera vergeet, maar Joel het darem sy selfoon by hom gehad, so ons kon foto's daarmee neem. Ons sal 'n paar foto's op die blog sit...

Joel het hierdie week gehoor hy is aanvaar by die besigheidskool van sy keuse om sy MBA te doen. Hy gaan dit deur Indiana University doen wat 'n "Division 1" skool is. Hy moet in Augustus vir 'n week soontoe gaan, in Indianapolis. Daarna is alles oor die internet. Hy is vreeslik opgewonde en kan nie meer wag nie.

Dit gaan goed met die honde. Roxy is vandag 2 jaar oud. Kan nie glo ons het haar al so lank nie.

Hier is nie eintlik veel nuus nie. Wens ons was hierdie week in SA om saam met almal te kon gaan jag!

Groete

Joel & Hannalize