Sunday, July 29, 2007

Nuwe foto's








Hallo Almal!

Hier gaan dit goed. Ons het 'n bedrywige naweek agter die rug, maar dit lyk my dis maar hoe dit hier in St Maries gaan... Vir 'n klein dorpie is hier vreeslik baie om ons mee besig te hou. Ons het Saterdag aan die huis gewerk en het baie gedoen gekry. Sal egter nog baie naweke vat voordat die huis is soos wat ons dit wil he, maar ons maak darem vordering.
Ons was 'n paar naweke terug in Oregon vir 'n Slate familie reunie. Het baie lekker gekuier. Dit is maar ver om vir 'n naweek te gaan. Die cabin was nog net soos wat dit afgebrand het, maar binnekort sal die bouwerk aan die nuwe cabin begin...

Ons laai weer 'n paar foto's wat ons die afgelope ruk geneem het. Die bokke was by die cabin waar hulle in die kamp ingekom het om te kom eet en die boom vol skoene was erens langs die pad tussen Oregon en Idaho. Die ander twee foto's is hier by die huis geneem. Op die een foto eet die honde roomys en die ander foto is op ons dek geneem waar ons die suikerbekkies voer.
Nou ja, dis slaaptyd hier. ..
Mooi bly!
Joel & Hannalize