Saturday, September 29, 2007

Nog nuwe foto's










Hallo almal,

Ons het uiteindelik nuwe foto's om op die blog te sit. Die somer is verby hier in Noord Idado en ons het al die eerste kaggel van die jaar gemaak - dis ten minste goedkoper as die olie waarmee die verhittingstelsel werk. Ons kon vadag ook die eerste sneeu op die berge sien - definitief baie vroeer as verlede jaar. Die weervoorspellers voorspel 'n baie swaar sneeujaar vir ons - sal lekker kan ski!

Ons het nou ook die eerste foto's van Cola, ons nuwe kat wat ons 5/6 weke terug aangeneem het. Hy is na die veearts toe gevat om uitgesit te word, maar hy is darem net te mooi om uit te sit... hy eindig toe by ons op en op hierdie stadium is hy darem al meer tuis in die huis, veral as die honde buite is. Hy sukkel nog om aan die honde gewoond te raak, maar hopelik sal hulle darem eendag in vrede kan saamleef...



Dis eers al nuus uit Idaho. Mooi bly aan almal!



Groete

Joel & Hannalize