Saturday, October 27, 2007

Blare, blare, blare

Hi Almal,

Dis weer sulke tyd van die jaar en die blare is al amper almal op die grond... Hierdie jaar het dit vinniger as laas jaar gegaan met die hulp van 'n bietjie wind. Kla nie juis daaroor nie, beteken ons hoef minder kere te hark! Hier is 'n foto sodat julle darem kan sien hoe baie blare ons het...


En hier is 'n foto van al die blare toe hulle nog in die boom was...


Die honde geniet ook die blare...


Verder glo Roxy dat sy nou juffrou genoeg is om tydig en ontydig op die bank te sit... As sy gedurende die dag net so stil-stil weg raak dan kan jy maar weet - sy is op die bank... Ek en Joel voel te sleg om haar "bubble" te bars. Jip, die honde is erg bederf!


Nie veel ander nuus nie. Joel se MBA hou hom erg besig, maar hy is darem al amper 14% klaar daarmee volgens hom. Ek was hierdie week weer onder in Portland.

O ja, ek en Joel is baie gemotiveerd om darem beter te lyk as ons einde van die jaar in SA aankom... Joel het al 10kg verloor en ek 6.5kg. Het nog 'n bietjie om te gaan, maar die vordering is goed genoeg om ons gemotiveerd te hou!

Nou ja, dis eers al uit 'n koue Idaho - jip, dit was vanoggend -7C en dis nog net herfs!!! Waar le die winter nog...

Groete
Joel & Hannalize