Saturday, February 16, 2008

Winter en muurpapier!

Hallo almal!

Hier gaan dit goed. Ons het 'n strawwe winter agter die rug, maar dit wil darem voorkom asof die ergste agter die rug is... Om almal darem net 'n idee te gee hoe erg ons sneeu was, moet ons vir oulaas nog sneeu foto's op die blog sit. Op 'n stadium was ons buitetafel heeltemal weg onder die sneeu.





Ek het uiteindelik begin om die aaklige plakpapier in ons kamer af te trek. Joel het die "before" foto's geneem net sodat almal kan sien wat ons bedoel met aaklig! Ons is nou amptelik klaar met duifies wat mekaar soen oor hartjies! Ek het vandag al die papier afgetrek gekry, maar soos julle in die "after" foto's kan sien sal dit my nog 'n rukkie neem om die prep werk te doen voordat ek kan begin verf. MAAR soos wat Joel se, selfs die kaal mure lyk beter as die plakpapier wat ons gehad het!




Joel is besig met sy swottings, maar die vordering is goed. Hy het hierdie komende week 'n finale eksamen vir Rekeningkunde en dan moet hy 'n groot projek inhandig vir bemarking om met die 2 vakke klaar te maak.

Nou ja, uit 'n St Maries wat stadigaan besig is om te ontdooi, groete tot 'n volgende keer!

J & H
PS. Die grond wat ontdooi veroorsaak vreeslik baie "potholes" - wil net noem dat dit vannaand die 3e storie op ons nuus was na die stories van 'n Moose wat iemand se werf sy nuwe huis gemaak het en die storie dat ons County "tugboats" gehuur het om al die ys op die rivier te kom opbreek... Duidelik het daar vandag net mooi niks hier in Noord Idaho gebeur nie!!!