Monday, October 06, 2008

Update

Hallo almal,

Hier by ons het die herfs (voel eerder na winter vir my...) opgedaag. Ons eerste sneeu word vir Donderdagnag voorspel, maar hierdie is een van daardie kere wat ek hoop die weervoorspellers is verkeerd. Ons is nog nie reg vir koue en sneeu nie... Ons drive way is vol hout wat Joel nog moet kap en weggepak kry.

Met die swangerskap gaan dit goed. Ons het so 'n rukkie terug uitgevind dat baba Slate redelik groot is en die dokters dink nie dat ons die oorspronklike "due date" sal haal nie. Die dokter sal die kleinding se gewig dophou, maar is van mening dat die baba nader aan die middel van Nov sal kom. Die kamer is egter reg vir die kleinding, so nou kan hy/sy maar kom.


Geniet die foto's...