Sunday, January 18, 2009

Tyler groei soos 'n koolkop!

Hallo Almal,

Dis nou 'n rukkie sedert ons laas die blog opdateer het, maar sedertdien het ek en Tyler 'n draai in Suid-Afrika gaan maak vir 5 weke. Joel sou aanvanklik saamgaan, maar op die laaste nippertjie is hy deur sy maatskappy se CEO gevra om aan die stuur te staan van 'n projek met die gevolg dat hy toe by die huis moes bly. Ek en Tyler het heerlik gekuier in Suid-Afrika en het maar moeilik teruggekom na die Idaho koue toe!!! As dit nie was dat Joel hier was nie...

Ons is egter weer in die dinge in en die tyd het verby gesnel. My kraamverlof nader nou vinnig die einde en Woensdag moet ek weer teruggaan werk toe. Ek kan nie glo dat 12 weke so vinnig kon verbygaan nie. So as alles goed gaan klok Tyler Woensdagoggend 8 uur in by die dagsorg. Dink dit gaan vir hom makliker wees as vir sy ma... Die dagsorg is vriende van ons en die vrou het onlangs eers daarmee begin. Tyler sal egter 'n maatjie daar he, siende dat daar nog 'n baba is wat net 2 maande ouers as hy is. Hier is 'n paar foto's van Tyler wat onlangs geneem is. Ons seunskind raak nou vinnig groot!
Tyler kry lekker warm in Suid-Afrika:
Net om 48 uur later koud te kry in Idaho. Hier is Tyler reg om die winkels storm te loop vir 'n paar benodighede...
Tyler terug van die kerk af in sy grootmens skoene!

Tyler se: "Ek het die snaakste pappa!"

Pappa maak nog steeds grappies!

Tot 'n volgende keer dan. Groete uit Idaho!