Tuesday, May 12, 2009

Nuwe foto's

Daar het so baie gebeur sedert ek laas foto's gelaai het. Tyler het begin vaste kos eet en dit was maar 'n morsige storie aan die begin..!!Hy geniet sy "jumper" vreeslik baie en by tye klink dit of hy dwarsdeur die plafon gaan spring!!!

Hierdie volgende foto moes ek net met julle almal deel...

Cola se nuwe "look"...
Joel en Tyler aan die begin van hulle altwee se eerste padwedloop. 12km en 51 000 mense...
Tyler se swaai is in die boom en hy hou baie daarvan.
Tyler raak groot... In die agtergrond brand die braaivleisvuur!