Saturday, August 01, 2009

August already!

Dit voel asof hierdie jaar veels te vinnig verbygaan. Ons vat net so hier en daar grond en so tussendeur alles word ons seunskind yslik groot. Hy was gister al 9 maande en is nou mobiel en nou moet ons net keer. As 'n mens hom vir 'n oomblik uit die oog verloor dan kry hy 'n kwaaddoenplek! Hy staan teen alles op en doen al die "look Ma, no hands!" ding... Aan die begin was daar 'n paar groot valle, maar hy het nou darem geleer om sy kniee te buig as hy val en eerder te gaan sit.

Aan die begin van Julie was ons vir 10 dae cabin toe. Het heerlik gerus en niks gedoen nie. Hier is 'n paar foto's wat by die cabin geneem is:
Tyler swem by die cabin Reg vir die 4th of July optog in La Pine, OR
Tyler met sy 4th of July krale

Die Cabin

Uitsig vanaf die cabin se agterstoep

Uitsig vanaf voorstoep
Tyler speel in die water