Sunday, February 15, 2009

Weet nie wat om hierdie een te noem nie...

Ek hardloop nou uit name uit vir my updates! Hier gaan dinge goed. Ons het nog steeds baie sneeu op die grond en selfs al het darem al temperature bokant vriespunt in die dag, sal dit nog lank wees voordat al die sneeu gesmelt het. Daar is nie juis veel nuus van hierdie kant af nie, maar ek wou darem net weer 'n slag nuwe foto's van Tyler opsit, hy raak so vinnig groot.

Tyler op sy eerste uitstappie in die sneeu.


Nika op die hoop sneeu by die garage!


En hier is nog 'n video van Tyler terwyl hy le en gesels...


Sunday, February 01, 2009

Terug by die werk

Hallo almal!

Dit voel soos 'n ewigheid sedert ek laas die blog opdateer het, maar so baie het intussen gebeur. Ek het die 21e Jan weer begin werk en Tyler gaan bedags dagsorg toe. Ek dink dit is erger vir my om hom daar af te laai as wat dit vir hom is om daar te bly! Hy verander by die dag en bemeester al hoe meer dinge. Hy hou van gesels en badtyd raak nou ook pret sedert hy ontdek het dat hy kan skop en die water spat!

Hier is weer 'n paar foto's wat die afgelope ruk geneem is.


Ek gaan probeer om 'n kort video van Tyler op te laai, het dit nog nie vantevore gedoen nie, so ek hoop dit werk...

In die video nies Tyler sy gebruiklike 3 keer...

Geniet die foto's en tot 'n volgende keer.