Sunday, February 01, 2009

Terug by die werk

Hallo almal!

Dit voel soos 'n ewigheid sedert ek laas die blog opdateer het, maar so baie het intussen gebeur. Ek het die 21e Jan weer begin werk en Tyler gaan bedags dagsorg toe. Ek dink dit is erger vir my om hom daar af te laai as wat dit vir hom is om daar te bly! Hy verander by die dag en bemeester al hoe meer dinge. Hy hou van gesels en badtyd raak nou ook pret sedert hy ontdek het dat hy kan skop en die water spat!

Hier is weer 'n paar foto's wat die afgelope ruk geneem is.


Ek gaan probeer om 'n kort video van Tyler op te laai, het dit nog nie vantevore gedoen nie, so ek hoop dit werk...

In die video nies Tyler sy gebruiklike 3 keer...

Geniet die foto's en tot 'n volgende keer.

No comments: