After a day or two of Tyler being very fussy, the first tooth finally broke through. The first one to arrive was the bottom right one, but it looks like the bottom left should arrive within the next few days as well.
Daar het so baie gebeur sedert ek laas foto's gelaai het. Tyler het begin vaste kos eet en dit was maar 'n morsige storie aan die begin..!!Hy geniet sy "jumper" vreeslik baie en by tye klink dit of hy dwarsdeur die plafon gaan spring!!!
Hierdie volgende foto moes ek net met julle almal deel...
Cola se nuwe "look"...
Joel en Tyler aan die begin van hulle altwee se eerste padwedloop. 12km en 51 000 mense...
Tyler se swaai is in die boom en hy hou baie daarvan.
Tyler raak groot... In die agtergrond brand die braaivleisvuur!
...that Tyler is nearly 6 months old??? He is such a blessing to us and we enjoy him so much. He is acting more and more like a big boy. The latest is that he refuses to drink from a bottle at daycare... He only wants to eat "real" food.
Joel's studying is going well. However, we are looking forward to when he is done. Only 16 and a half more weeks!!!
Na 'n lang winter het ons die afgelope 3 dae 'n voorsmakie gekry van lente, net om weer te hoor dat daar dalk nog sneeu kan val teen die einde van die week. Dit was egter te heerlik om bietjie buitekant te kon kom sonder om so dik aangetrek te wees. Selfs Tyler het 'n bietjie tyd buite spandeer en 'n nuwe wereld ontdek wat hy nie geweet het bestaan nie.
Tyler het intussen begin vaste kos eet. Die ryspap is maar redelik smaakloos, maar ons kry dit darem in. Hy geniet die soeter vrugte baie en vannaand het ons vir die eerste keer patat probeer. Ek dink nie hy was heeltemal so beindruk met die patat nie - ek is oortuig daarvan hy is geprogrammeer om nie daarvan te hou nie net omdat dit groente is!!! Hoe gaan ons nie dan sukkel om groenboontjies en ertjies in hom in te kry nie?
We just want to share with everybody how much we love St. Maries, ID. It is wonderful to be part of a community where we are loved so much. We have made so many wonderful friends, and Tyler already has lots of aunts, uncles and friends. It seems that we can't go anywhere without people wanting to hold him or kids wanting to play with him, which he thoroughly enjoys!
Here are a few new pics that were taken over the last week or so.
Ons het soveel pret elke aand met badtyd, dat ons nie anders kon as om sommer vannaand 'n klomp foto's te neem nie. Tyler geniet badtyd en speel heerlik met sy eendjies en seekoei - of ek moet eerder se hy probeer sy bes om hulle op te eet! Alles gaan nou mond toe. Hier is 'n paar foto's wat oor die afgelope paar dae geneem is...
Tyler with his bee pacifier
Feeding time in Tyler's bedroom
Our little guy is getting big!
Tyler's first bubble bath - and he loved it!
Sunday, March 01, 2009
Hier in noord Idaho gaan dit baie goed. Die tyd vlieg en ons seunskind is al 4 maande oud! Hy is vreeslik oulik... Geniet die foto's!