Saturday, November 08, 2008

Geelsug...

Ons het 'n redelike besige week agter die rug. Tyler het verlede week en Saterdag huis toe gekom, maar teen Dinsdagoggend is hy weer opgeneem in die hospitaal agv geelsug. Julle kan in die foto sien sy neus is veral bietjie geel... Hy moes gaan vir ligterapie en ons was op die ou einde vir twee dae daar.
Tyler moes in die broeikas onder die ligte le om sy temperatuur te behou. Dit was maar hard om hom so te sien le vir twee dae.

Sedert ons huis toe gekom het moes ons nog elke dag gaan vir toetse om te sien of die geelsug beter word. Ongelukkig het die vlakke weer begin opgaan, so Tyler le vannaand onder 'n lig hier by die huis. Sy kamer is omskep in 'n sauna sodat hy sonder klere kan le. Ons hoop die bilirubienvlakke sal more laer wees. Hier is foto's van hom wat onder die lig le in sy kamer...

Tyler vang 'n tan!!!En hier is sommer 'n paar ander foto's...


No comments: